Login

Psigiater vs Kliniese Sielkundige

Die term “sielkundige” en “psigiater” word gereeld saam gebruik om iemand te beskryf wat terapeutiese dienste verskaf. Alhoewel sielkundiges en psigiaters albei psigoterapie verskaf en navorsing doen, is daar ‘n duidelike verskil tussen die twee professies. Opleiding en kwalifikasies: Die eenvoudige antwoord lê in die opvoedkundige agtergrond wat benodig word vir elke professie. ‘n Psigiater het ‘n graad in medisyne en ‘n sielkundige het ‘n Doktorale of Meestersgraad in sielkunde. Daar is wel ‘n paar verskille wat elke professie uniek maak.

Sielkundiges ontvang ‘n graad in sielkunde en studeer dan verder vir ‘n Ph.D of D in Psig. in Kliniese, Voorligting of Opvoedkundige sielkunde. Doktorale programme vat tipies vyf tot sewe jaar om te voltooi en meeste benodig ‘n addisionele een of twee jaar lang internskap om gelisensieer te word.

Die titel van “sielkundige” kan gebruik word deur ‘n individu wat bogenoemde opleiding en lisensiering het. Informele titels soos “berader” of “terapeut” word ook gereeld gebruik, maar ander professionele person wat ook in die geestessiekteveld werk soos maatskaplike werkers kan ook hierdie titels gebruik.

Psigiaters is dokters wat spesifieke opleiding ontvang het in die evaluering, diagnose en behandeling van geestessiektes. Psigiaters studeer in die mediese skool en ontvang ‘n mediese graad (MBChB). Na mediese opleiding voltooi hulle ‘n addisionele 4 jaar van kliniese assistent opleiding in geestesgesondheid. In addisie tot die primêre opleiding ontvang sommige nog ekstra opleiding in ‘n spesifieke belangstellingsvelde soos geriatriese, kinder- en adolessente psigiatrie, en substansafhandlike psigiatrie.

Voorskryf van medikasie:

‘n Tweede belangrike onderskeid tussen die twee beroepe is dat psigiaters medikasie kan voorskryf, terwyl sielkundiges nie mag nie.